Saturday, February 26, 2011

MENINGSOPNAME - Verpligte deelname

Goeiemore dames!

En hoe gaan dit nog met jullle?  Die student is nou al goed ge-oefen in die kuns van klasbywoning en doen dit nou al soos 'n pro!  Verder werk ek maar bietjie en ander tye het ek weer lekker vrye tyd op my hande.
Evette, ek hoop ek kan van e'vita se mooi skryfbehoeftes oor die pos bestel?  Ek wil defnitief 'n hele paar van die previews koop vir myself, en dit gaan die oulikste persente wees!  Kan nie wag vir 16 April nie!!!

Goed, laat ek julle nou meer vertel van hierdie meningsopname - onthou, dis verplig deelname.  Een middag staan ek so by die werk en glase skoonmaak toe een van die meisies(Marisa) daar inkom.  Ek skrik eers so groot dat ek amper die regte egte ingevoerde kristal glas laat val - sy het haar hare borselkop afgeskeer!  En dit was nie eens vir die Cancer shave-a-thon of enige ander rede nie, sy wou net kort hare he.  Haar hare was so mooi heuningblond kleur, het ligte kartels ingehad en het tot in die middel van haar rug gehang.  Maar, die kort hare pas haar soos 'n handskoen.  Noudat dit bietjie tyd gehad het om te groei, lyk dit baie goed.  As ek my kamera saamgevat het sou ek vir julle foto geneem het.
Nou, na 'n paar weke van in haar borselkop vaskyk, het die gier my ook getref.  Ontspan net gou, haal diep asem en vat 'n sluk koffie/koeldrank/alkohol.  Ek gaan nie my hare borselkop skeer nie, maar wil baie graag dit in die oulike nuwe pixie styl sny wat nou so vreeslik in die mode is.
Wat julle ook moet weet, is dat ek na Maritza se troue weer my hare begin lifgter maak het en dat my hare nou weer baie naby aan my natuurlike kleur is.

Hier is my inspirasie vir die nuwe verandering.



Ek sal dit regtig waardeur as julle vir my kan se wat julle dink, en julle moet vinnig vir my se want my afspraak is maandagmiddag 16h15.
Yola, ek en Carel is nou oppad na 'n plaasmark toe - sal bietjie kyk wat daar aangaan en vir jou fotos neem.

Geniet julle sondag!

Baie liefde, E

No comments:

Post a Comment