Wednesday, February 9, 2011

Dis weer daardie tyd van die jaar... Valentynsdag is alweer hier!

So bekruip hierdie wonderlike dag van rooi, rose, hartjies en liefde ons alweer.  Het julle enige planne?  Enige tradisies wat voortgesit word?  Ongelukkig het die kalender dit goed geag om hierdie vreeslike spesiale dag vir ons op 'n maandag te skeduleer, gelukkig kan die maandag darem ten minste nie blou wees nie!
Soos ons Valentynsdag tradisie, sal ek en Carel 'n Romaz pizza gaan koop, 'n lekker bottel rooiwyn en 'n romantiese plekkie gaan soek om dit te geniet.  Verder het ons besluit om die hele dag te boikot en glad nie die persentjie ding te doen nie.  Die voorwaarde is dat ons elkeen vir mekaar 'n handgemaakte kaartjie gaan maak en ons eie woorde gebruik - nie die wat Carlton elke jaar so soetsappiglik in die ander druk nie.
Ek moet wel sê, my kreatiewe vernuf was nog nooit besonders kreatief nie, maar soos die gesegde lui 'wie nie kreatief is nie, moet slim wees'.  Dis toe hier dat my breinselle darem begin werk.  Ek spring op die internet.  Soos Yola is ek ook fan van paar blogs - hou die oop periodes op kampus darem interessant en dit help vir procrastination.  Op een van hierdie oulike blogs vind ek toe hierdie idee vir Valentynsdag kaartjie, dit was vir my te oulik!  Die beste is, jy hoef dit net te print op mooi papier en daar is boonop ook nog spasie vir 'n oulike boodskap.
As enige van julle dit self wil doen, gaan net op die sevenswans.co.za en volg die instruksies.  En vir ons almal wat in Katjiepiering was, dit is Annelle Steyn se eie website!  Sy het baie oulike idees...

En dan, moet ons ook nou seker nie van die hartjie gedeelte vergeet nie...


Yola, ek is ook MAL oor die animalprint trend wat nou al so lankal hier in die rondte is.  Ek is maar bietjie skrikkerig daarvoor, die hele ding kan mos lelik skeef loop en dan lyk mens soos 'n cougar!  Ek het juis 'n troue in September waarvoor ek iets animalpring soek, so as jy iets sien wat skaflik genoeg is laat weet my asb!

Ilze, Baie dankie vir jou vakansie fotos!  Marli word net ouliker elke keer wat ek foto van haar sien!  Dit is ook ongelooflik mooi in Malawi, gaan bietjie karring dat ons ook kan gaan kuier.  Wanneer het jy nou weer gesê kom jy en Andre bietjie kuier in die Kaap?

Evette, ons kort nog jou insette...

Sterkte met die week!

Au Revoir, Elisca   xxx

No comments:

Post a Comment