Saturday, March 5, 2011

Die Groot Kuier

Na groot afwagting, het my ouers gearriveer vir hulle groot kuier. Ek en Tinus het Maandag, Donderdag and Vrydag verlof ingesit om saam met hulle te kuier.
My ma het ‘n intensiewe inkopietog beplan met ‘n lys wat skrik vir  niks (sienende dat sy al vir 6 maande hierdie vakansie haarfyn beplan).
Ons tog het by “The Mall of Rosebank’ se ‘Rooftop Market’ afgeskop. Hierdie keer het ek op die kos gefokus.
Ons het sommer die oggend met ‘n lekker ontbyt daar begin. My pa het ‘n heerlike vetkoek geeet en Tinus ‘n vars gebakte croissant. Ek het natuurlik my gunsteling tuisgemaakte gemmer bier gedrink.


Bianca het ‘n nie-alkoholiese Pina Colada gehad. Dit is maar basies ‘n pynappel ‘smoothie’.
Vir middagete was daar ‘n verskeidenheid Indiese en Chinese disse.
Die lekkerste vir my was die ‘deep fried’ piesand en soetpatat happies. Dis is eintlik so eenvoudig, jul kan dit self probeer. Dit is klein  stukkies piesand en soetpapat wat in ‘n deegie gedoop is en dan in olie gebak is. Mmmm!
Natuurlik is my markdag nie afgesluit na ‘n besoek aan die ‘vintage’ stalletjies nie. Ek het ‘n pragtige goue serp gekoop, ewe ingevoer van die UK.
Soos alle goeie dinge moes die kuier ook tot ‘n einde kom. My ouers het vanoggend vroeg die pad terug Windhoek toe aangedurf. Dit was baie lekker om so ‘n huis vol mense te he.
Hou die blog dop vir posts oor die Hobby Expo en die Boeremark.
Lekker naweek verder dames.
XOXO
Yola

No comments:

Post a Comment