Monday, March 7, 2011

My Stokperdjie

Ons gesinnetjie, was Donderdag na die Hobby Expo by die Coca Cola Dome. Ek sien al ‘n geruime tyd uit na hierdie uitstappie (vir een GROOT rede).


Ek was self nog nooit tevore by die Dome nie, maar dit het indrukwekkend van buite afgelyk. Vir die wat nie gereeld in Johannesburg kom nie, is dit ‘n baie goeie landmerk om te bepaal waar jy is (of vir my altans). Jy kan die Dome van omtrent orals sien.
Van binne het die Dome my nie teleurgestel nie. Dit is baie groot!

Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies, maar die meerderheid was maar kralewerk en ‘scrapbooking’.  Die miniatuur uitslatting was vir my nogals oulik:

Nou hier is waarvoor ons eintlik daar was: Bernina!!!!

Dink nie ek al vir julle vertel nie, maar ek het onlangs met naaldwerk begin en het al ‘n paar klasse bygewoon. My hele familie (Tinus, Ma, Pa en Bianca) het bygedra tot die aankoop van my baba – Die Bernette 66! Ek is skoon liries oor my nuwe aankoop. Ongelukkig hou hul nie voorraad aan by die skou nie, so ek moet wag vir die verskaffer om my te kontak sodat ek my naaldwerkmasjien kan gaan haal.
Voor jul begin met bestellings, wil ek net se ek sit nie some/ nate in nie! Want dit word met die hand gedoen, maar julle is welkom om vir lesse te kom dan wys ek julle hoe.
Die rede hoekom ek naaldwerk gekies het as ‘n stokperdjie is nie omdat ek die volgende Abigail Betz ( I wish!) wil wees nie, maar omdat ek voel ek kort ‘n bietjie kreatiwiteit in my lewe (aangesien my werk soooo kreatief is).
Evette, die Hobby Expo is die ideale geleentheid om nuwe verskaffers te ontmoet/ ontdek. Die Donderdag was eintlik slegs vir handelaars en dit was skokkend hoe goedkoop als is. Die winkels beroof ‘n mens! Hier is die webblad as jy wil gaan kyk: www.hobby-x.co.za.
Elisca, nog ‘n tip wat ek het vir jul ‘Renovation Innovation’ is ‘n ‘Mood Board’. Dit is ‘n versameling van prentjies (tydskrifte, Internet, fotos ens.) van dekor idees waarvan jy en Carel hou. Myne het sommer verf monsters by. Dit is lekker om die ‘creative juices’ te laat vloei en seker te maak julle twee het dieselfde prentjie – mans verstaan mos nie altyd lekker wat ons dames bedoel nie.
En natuurlik het my manlief ook ‘n nuwe stokperdjie: Die Wii. Sien hier onder sy nuwe aankope (‘Boys and their toys, they don’t go away, they just get more expensive!’):

En laaste, nog een van my nuwe obsessies – Chaywa Cappuccino! Jul moet dit probeer, yummy!

Geniet jul week en lovies!

XOXO
Yola

No comments:

Post a Comment