Thursday, August 11, 2011

Oormaak en mooimaak

Die was een van ons vele dekor projekte en ons het dit uiteindelik so twee weke gelede klaar gemaak. Ons was basies vir ‘n jaar besig om aan ons hoofslaapmaker te werk. Om twee mense te kry om oor dekor saam te stem is nie maklik nie.

Hier is ‘n paar kiekies van die finale produk:

Die bed het ons vir spot goedkoop gekry by Madisons. Was oorspronklik net opsoek na ‘n kopstuk, maar toe kry ons ‘n hele bed vir dieselfde prys. Bonus van die nuwe bed is die ekstra pakplek onder die bed.
Die beddegoed en duvet is van Boardmans. Het dit as trou geskenk gekry. Die beddegoed is van hul Hotel Collection en is verseker elke pennie werd (maklik gese as jy nie daarvoor betaal het nie).
Bedlampies is van Mr Price en die lampskerms van Builders Warehouse.
Die fotorame het ek by Pick ‘n Pay Hyper gekoop.
Die grys  gordyne is van Woolworths  en die kant gordyne is met komplimente van my ma’le.
Die crème del crème van die hoofslaapkamer is natuurlik die bedkassies. Ek en Tinus het die hele Johannesburg vol gery opsoek na die babies. Nou dit is wat ek noem Colonial Contemporary bedkassies.



Ons is nog opsoek na die perfekte swart en wit Nguni vel om voor die bed te gooi.
Die gastekamer is volgende op die lys. Die bed en lessenaar is uitgesorteer, wag net vir die matras om vanmiddag afgelewer te word.
Word from the wise (ek wens): Enkel matrasse is belaglik duur en jy kry nie jou dubbel bed se basis verkoop nie, so koop reg van die begin af. En dit help om ‘n jonger sussie te he aan wie jy al jou ‘previously loved’ meubels kan verkoop.
Wil net dankie se aan my handige man en dat hy so betrokke en geduldig was, maar moet asseblief nooit weer ‘n hammer optel nie. Dink nie my senuwees (en die huis se mure) sal dit maak nie.  
Natuurlik word hierdie projek met vele ander vervang en die lys is nimmereindigend en besef ‘n mens net weer aardse besittings is maar net ‘n gejaag na wind. Maar vir nou sal ek my nuwe kamer geniet.
XOXO
Yola  
 P.S. - Ilze, een van die nuwe goed op my lys is 'n uitstappie na Pretoria se dieretuin. Wag net vir die somer en dit sal lekker wees as jul kan saam kom. Pretoria se dieretuin is baie moeier as Johannesburg sin.
P.P.S - Evette, jy natturlik baie welkom om ons te join.
P.P.P.S - Elisca, dankie vir my poskaart, maak elke keer my dag : )

No comments:

Post a Comment