Tuesday, August 30, 2011

ek is nog hier

Hallo aan almal. ek is nog op die planeet aarde! Het bietjie probleme met my internet gehad, maar dit is nou uitgesorteer, sal nou meer gereeld iets opsit.
Ek het ook nou 'n blog van my eie waarop ek alle skilderye en kreatiewe dinge wat ek doen opsit, so gaan loer bietjie daar.

Die bietjie dinee fotos wat ek geneem het is op Facebook, omdat 'nie-blog' lede ook in die fotos verskyn.
Maar as julle wil he sal ek dit ook op die blog sit?...

Verder gaan dit goed met ons Swan gesinnetjie. Ons gaan die naweek Naboom toe, want dit is Andre se 10jr reunie, sjoe maar ons word oud!
Marli so 'n maand terug toe ons by 'n troue in Tzaneen was.

Yolande, het jy toe gaan stap Saterdag? en was dit lekker?

Goed gaan, sal weer van my laat hoor...
ilze-mari xxx

Friday, August 26, 2011

Amper Vergete

Lank, lank gelede (16de Junie) was ek en Tinus Kaap toe om die twee nuwe toevoegings tot die Erasmus/ Maartens/ Geldenhuys ‘clan’ te ontmoet.

Natuurlik maak die Erasmusse  geen besoek aan Kaapstad sonder om ‘n besoek aan ‘n wynplaas (of twee of drie of …) te maak nie.
Skoonsus, Salome’, werk by Creation - ‘n redelike jong wynplaas wat in die Hemel-en-Aarde Vallei naby Hermanus geleë is. Die styl van die wynplaas is baie uniek. Dit is glad nie jou ‘cookie cutter’ wynplaas nie. Als het ‘n kontemporêre invloed, van die plaashuis, tot die logo en kos. En natuurlik is die wyn heerlik.




Ons het spesifiek vir hul gewilde ‘food and wine pairing’ gegaan. Die kos kombinasies is heerlik en meeste van die resepte is op hulle blog beskikbaar: http://blog.cw.com Van my gunsteling was die kool en bloukaas sop (in die klein koppietjie) en so 'n salm-chutney-dumpling dingetjie (in die wit lepel). Mmmmmm

Jul kan hul webwerf vir nog kiekies besoek: www.creationwines.com
En die' dames, is die pragtige klein Sophia McKenzie Geldenhuys. Cute ne’! Ek die kiekie geneem, want sy trek haar lippies so op 'n knop en dit is tog te oulik. En die gewaar voor ons is hul 'Trio of Chocolate' nagereg.


Ons het ook ‘n besoek aan Elisca en Karel se huisie gemaak. Dis nie elke dag wat ek kan se my vriendin bly op ‘n wynplaas nie, maar nou kan ek. J

As ek so na die kiekies kyk (ge-jas en ge-serp) is ek nes Elisca bly dat die somer besig is om toon uit te steek.
Hoop dit gaan goed met julle drietjies, my ma en Bianca kom kuier die naweek by ons en sien ek baie uit daarna.
Lekker naweek
XOXO
Yola

Wednesday, August 24, 2011

Dis LENTE!!!

Goeiemiddag dames!

Ek wil uit my vel uitspring - die lange winter is verby en die wingerde en akkerbome begin bot.  Selfs die menigte vrugtebome om Stellenbosch het pienk of wit blommetjies!  As 'n uit-en-uit somer mens is ek baie verheug hieroor!  Kan nie wag vir die eerste keer wat dit warm genoeg gaan wees om 'n tan in te pas nie...

Baie dankie Yola vir die dinee foto's, dit is baie lekker om dit te sien.  Wens so ek was daar!  Yola, hoe lanklaas het jy van Evette of Ilze gehoor?  Werk hulle internet nog?  Ek het net na jou post oor die dinee vir hulle gemail en gevra dat hulle ook ietsie moet opsit - dit was mos nie net jy by die dinee nie???  Maar, soos jy self kan sien, is daar nog niks!  Of dink jy dalk hulle het hulle kameras vergeet???

Yola, die make-over van julle slaapkamer het my ook nou sommer aan die dink gesit.  Ek is nou opsoek na 'n outydse katel - een van daardie ou beddens.  Die enigste probleem met dit is natuurlik altyd die prys.  Maar ek sal jou op hoogte hou van die vordering.  Ons gaan ook nou bietjie renovate en heel eerste op die lys is die badkamer!  Ek skraap nog moed bymekaar want die swamme wat uitgewis moet word, maak my sommer moeg voor ek begin!

Evette en Ilze, net vir ingeval julle nie die sarkamse in die boonste paragraaf gevang het nie, sit ek gou weer die hele doel van hierdie blog uiteen.  Dit is net sodat ons in kontak met mekaar kan bly en sommer kan sien hoe dit gaan met mekaar en wat alles aangaan in hulle lewens.  Dit vat nie ure om ietsie te post nie en dit word werklik hartlik waardeer.  Ek weet min wat daar aangaan - as dit nie vir Yola was nie sou ek niks geweet het nie!  Werk asseblief bietjie saam!  Dink terug aan die koshuis dae - hierdie is soos daardie eerste koppie koffie van die eerste dag van bloktyd as ons almal mooi weet dat ons eintlik nou lekker besig is om te procrastinate.  Deel bietjie wat aangaan in julle weke - die lekker goed en die vervelige goed.  Dis 'n maklike manier om in kontak te bly...

Aangesien dit opgehou reën het in die Kaap en ek 'n fiets gekry het vir my verjaarsdag - die winter het gemaak dat ek maar min tyd in die saal deurgebring het... - het ek en Carools besluit om sondag na die plaaslike mark toe te ry.  Gelukkig is dit nie ver nie, net so 5km.  Daar gaan ons lekker middagete kry - verskeie plaaslike kase, vars vrugte en nog beter -vars gebakte brood!!!  Dit sal natuurlik alles afgesluk word met 'n heerlike bottels Sauvignon Blanc... mmmm!  Ek sit maandag vir julle foto's op.

Elisca

Thursday, August 11, 2011

Oormaak en mooimaak

Die was een van ons vele dekor projekte en ons het dit uiteindelik so twee weke gelede klaar gemaak. Ons was basies vir ‘n jaar besig om aan ons hoofslaapmaker te werk. Om twee mense te kry om oor dekor saam te stem is nie maklik nie.

Hier is ‘n paar kiekies van die finale produk:

Die bed het ons vir spot goedkoop gekry by Madisons. Was oorspronklik net opsoek na ‘n kopstuk, maar toe kry ons ‘n hele bed vir dieselfde prys. Bonus van die nuwe bed is die ekstra pakplek onder die bed.
Die beddegoed en duvet is van Boardmans. Het dit as trou geskenk gekry. Die beddegoed is van hul Hotel Collection en is verseker elke pennie werd (maklik gese as jy nie daarvoor betaal het nie).
Bedlampies is van Mr Price en die lampskerms van Builders Warehouse.
Die fotorame het ek by Pick ‘n Pay Hyper gekoop.
Die grys  gordyne is van Woolworths  en die kant gordyne is met komplimente van my ma’le.
Die crème del crème van die hoofslaapkamer is natuurlik die bedkassies. Ek en Tinus het die hele Johannesburg vol gery opsoek na die babies. Nou dit is wat ek noem Colonial Contemporary bedkassies.



Ons is nog opsoek na die perfekte swart en wit Nguni vel om voor die bed te gooi.
Die gastekamer is volgende op die lys. Die bed en lessenaar is uitgesorteer, wag net vir die matras om vanmiddag afgelewer te word.
Word from the wise (ek wens): Enkel matrasse is belaglik duur en jy kry nie jou dubbel bed se basis verkoop nie, so koop reg van die begin af. En dit help om ‘n jonger sussie te he aan wie jy al jou ‘previously loved’ meubels kan verkoop.
Wil net dankie se aan my handige man en dat hy so betrokke en geduldig was, maar moet asseblief nooit weer ‘n hammer optel nie. Dink nie my senuwees (en die huis se mure) sal dit maak nie.  
Natuurlik word hierdie projek met vele ander vervang en die lys is nimmereindigend en besef ‘n mens net weer aardse besittings is maar net ‘n gejaag na wind. Maar vir nou sal ek my nuwe kamer geniet.
XOXO
Yola  
 P.S. - Ilze, een van die nuwe goed op my lys is 'n uitstappie na Pretoria se dieretuin. Wag net vir die somer en dit sal lekker wees as jul kan saam kom. Pretoria se dieretuin is baie moeier as Johannesburg sin.
P.P.S - Evette, jy natturlik baie welkom om ons te join.
P.P.P.S - Elisca, dankie vir my poskaart, maak elke keer my dag : )

Monday, August 1, 2011

Katte Feesdinee Deel 1

Goeie middag dames

Ek besef nou eers hoe min kiekies ek van die dinee geneem het. Oopsie! Dus het ek die post as Deel 1 benoem, sodat Evette en Ilze-Mari ook 'n paar kiekies kan bylas.




Die dinee was by 'n stunning restuarant, Stone Cradle. Ons sal verseker weer soentoe gaan vir die heerlike buffet. Was uit-en-uit die moeite werd om te gaan!

By die Erasmus huishouding gaan dit goed. Ons nou finaal ons hoofslaapkamer oorgedoen. Hou die blog dop daarvoor.

Het lekker geshop die naweek. Weet nie of julle gesien het nie, maar al die winkels is op uitverkoping! Rage het die mooiste bootse.

Was Sondag weer by die Rooftop Market in Rosebank. Lekker kaas en vars brood gekoop vir 'n kaas en wyn middagete. Die wyn was van Creation. My skoonsus, Salome' werk daar. Hou die blog ook dop vir 'n post oor Creation.

Jammer dit is so kort en kragtig, maar ek sit met 'n massive migraine en die creative juices wil nie flow nie.

XOXO
Yola