Saturday, February 26, 2011

MENINGSOPNAME - Verpligte deelname

Goeiemore dames!

En hoe gaan dit nog met jullle?  Die student is nou al goed ge-oefen in die kuns van klasbywoning en doen dit nou al soos 'n pro!  Verder werk ek maar bietjie en ander tye het ek weer lekker vrye tyd op my hande.
Evette, ek hoop ek kan van e'vita se mooi skryfbehoeftes oor die pos bestel?  Ek wil defnitief 'n hele paar van die previews koop vir myself, en dit gaan die oulikste persente wees!  Kan nie wag vir 16 April nie!!!

Goed, laat ek julle nou meer vertel van hierdie meningsopname - onthou, dis verplig deelname.  Een middag staan ek so by die werk en glase skoonmaak toe een van die meisies(Marisa) daar inkom.  Ek skrik eers so groot dat ek amper die regte egte ingevoerde kristal glas laat val - sy het haar hare borselkop afgeskeer!  En dit was nie eens vir die Cancer shave-a-thon of enige ander rede nie, sy wou net kort hare he.  Haar hare was so mooi heuningblond kleur, het ligte kartels ingehad en het tot in die middel van haar rug gehang.  Maar, die kort hare pas haar soos 'n handskoen.  Noudat dit bietjie tyd gehad het om te groei, lyk dit baie goed.  As ek my kamera saamgevat het sou ek vir julle foto geneem het.
Nou, na 'n paar weke van in haar borselkop vaskyk, het die gier my ook getref.  Ontspan net gou, haal diep asem en vat 'n sluk koffie/koeldrank/alkohol.  Ek gaan nie my hare borselkop skeer nie, maar wil baie graag dit in die oulike nuwe pixie styl sny wat nou so vreeslik in die mode is.
Wat julle ook moet weet, is dat ek na Maritza se troue weer my hare begin lifgter maak het en dat my hare nou weer baie naby aan my natuurlike kleur is.

Hier is my inspirasie vir die nuwe verandering.



Ek sal dit regtig waardeur as julle vir my kan se wat julle dink, en julle moet vinnig vir my se want my afspraak is maandagmiddag 16h15.
Yola, ek en Carel is nou oppad na 'n plaasmark toe - sal bietjie kyk wat daar aangaan en vir jou fotos neem.

Geniet julle sondag!

Baie liefde, E

Saturday, February 19, 2011

Markdag elke Sondag! Deel 2

Ons was verlede Sondag by ‘Rosebank’ se ‘Rooftop Market’. Dis is elke Sondag by ‘The Mall of Rosebank’.

Ek was glad nie voorbereid vir die grootte van hierdie mark nie. Dit is ontsettend groot!

Daar is baie Afrika kuns, maar natuurlik was ek weer daar vir die ‘vintage’stalletjies. Hierdie mark het nie so baie klere soos die ‘Market on Main ’nie, maar daar was ‘n oorvloed van ander oudhede. Het die mooiste sakhorlosies gesien en ou telefone. Die oudhede het almal ‘n geskiedenis, dus is die pryse redelik hoog.

Ek was tot en met Sondag verlief op volstruis leer, nie meer nie. Ek het krokodil leer ontdek. Dit het baie meer karakter. Ongelukkig is dit nog meer onbekostigbaar as volstruis leer. Sien hier onder die een waar op ek verlief geraak het:

En vir 'n bietjie humor, sien hier onder:

Daar is ook baie om aan te peusel. Ons het tuisgemaakte limonade en gemmerbier gedrink. Daar is die heerlikste vars brode en gerookte vleis, en verskeidenheid Chinese en Indiese disse.
Gaan verseker my ma na hierdie mark toe vat wanneer hulle kom kuier. Sien ongelooflik baie uit na hulle kuier. Het my ma laas jaar April maand gesien!
XOXO
Yola

Tuesday, February 15, 2011

e'vita - a sneak preview

My lewe draai op die oomblik rondom 16 April 2011 - die beoogde openingsdatum van Stylfabriek. Ek het beplan om voor dan reeds e'vita vry te stel, maar op die oomblik is die hooi op my vurk effe hoog, so ek hou een datum vir alles!

Maar dit beteken nie julle kan nie solank 'n voorsmakie kry nie!



Ladies and ......ladies, I am happy to introduce to you: e'vita - a new range of bespoke stationery!

Eerste reeks is 'funtional 2011' en hoofsaaklik produkte wat help met 'home organizing', soos...

Birthday Calendar - now you will never have to appologise again for being a day late...



Meal Planner - plan your meals for the week ahead and be prepared



Shopping List Pad - to jot down all the ingredients for that great new recipe



Recipe insert - once tried and approved, write your favourite recipes down and save it for future



So, daar het julle dit! 'n Baie klein lusmaker... Volgende keer deel ek die konstruksie-proses van Stylfabriek - stap vir stap!

Mis julle almal vreeslik baie - ek kry sulke 'miss my previous life' dae, dan wil ek net tjank en teruggaan Pretoria toe. Gelukkig hou dit nie baie lank nie - net 'n paar minute in die tuin en dan is ek weer reg! Ons spaarkamers staan gereed, julle moet net kom. Daar is tot 'n bababed in die een, so Marli hoef net haarself in te pak!!

xx
e'vita

Wednesday, February 9, 2011

Dis weer daardie tyd van die jaar... Valentynsdag is alweer hier!

So bekruip hierdie wonderlike dag van rooi, rose, hartjies en liefde ons alweer.  Het julle enige planne?  Enige tradisies wat voortgesit word?  Ongelukkig het die kalender dit goed geag om hierdie vreeslike spesiale dag vir ons op 'n maandag te skeduleer, gelukkig kan die maandag darem ten minste nie blou wees nie!
Soos ons Valentynsdag tradisie, sal ek en Carel 'n Romaz pizza gaan koop, 'n lekker bottel rooiwyn en 'n romantiese plekkie gaan soek om dit te geniet.  Verder het ons besluit om die hele dag te boikot en glad nie die persentjie ding te doen nie.  Die voorwaarde is dat ons elkeen vir mekaar 'n handgemaakte kaartjie gaan maak en ons eie woorde gebruik - nie die wat Carlton elke jaar so soetsappiglik in die ander druk nie.
Ek moet wel sê, my kreatiewe vernuf was nog nooit besonders kreatief nie, maar soos die gesegde lui 'wie nie kreatief is nie, moet slim wees'.  Dis toe hier dat my breinselle darem begin werk.  Ek spring op die internet.  Soos Yola is ek ook fan van paar blogs - hou die oop periodes op kampus darem interessant en dit help vir procrastination.  Op een van hierdie oulike blogs vind ek toe hierdie idee vir Valentynsdag kaartjie, dit was vir my te oulik!  Die beste is, jy hoef dit net te print op mooi papier en daar is boonop ook nog spasie vir 'n oulike boodskap.
As enige van julle dit self wil doen, gaan net op die sevenswans.co.za en volg die instruksies.  En vir ons almal wat in Katjiepiering was, dit is Annelle Steyn se eie website!  Sy het baie oulike idees...

En dan, moet ons ook nou seker nie van die hartjie gedeelte vergeet nie...


Yola, ek is ook MAL oor die animalprint trend wat nou al so lankal hier in die rondte is.  Ek is maar bietjie skrikkerig daarvoor, die hele ding kan mos lelik skeef loop en dan lyk mens soos 'n cougar!  Ek het juis 'n troue in September waarvoor ek iets animalpring soek, so as jy iets sien wat skaflik genoeg is laat weet my asb!

Ilze, Baie dankie vir jou vakansie fotos!  Marli word net ouliker elke keer wat ek foto van haar sien!  Dit is ook ongelooflik mooi in Malawi, gaan bietjie karring dat ons ook kan gaan kuier.  Wanneer het jy nou weer gesê kom jy en Andre bietjie kuier in die Kaap?

Evette, ons kort nog jou insette...

Sterkte met die week!

Au Revoir, Elisca   xxx

Tuesday, February 8, 2011

Vakansie in Malawi, al amper vergete

Uiteindelik blog ek! Die jaar het so weggespring met 'n spoed dat ek nog nie eens met julle ons vakansie gedeel het nie. Dit was 'n belewenis, maar Afrika bly Afrika. Dis een van die mooiste dele wat ons gesien het maar a.g.v die regering ly die ontwikkeling van die land daaronder. Seker maar goed so anders sal dit 'n vakansie mecca word en nie meer so rustig wees nie.
Dis hoe dit lyk as die weer begin opsteek oor die water. En as die wolke verdwyn sien jy die berge aan die oorkant. Prentjie mooi!
Kyk net daai wolke. Dis wanneer Andre soos 'n uitlander lyk: na 'n sessie golf. Ek het myself ook verbaas, het eendag gaan saam speel en was nie te sleg nie. 

Dis soo lekker om daar te swem, nie rowwe golwe nie en ook nie sout in jou mond nie. Die sand is lekker sag en die water mooi skoon. Ruik glad nie soos stink dam water nie. Almal het gewonder hoekom daar nie gevaarlike kroks en seekoeie is nie, en dis agv al die magnesium in die water, gee hulle blykbaar diarree!

Marli het so lekker in die sand gespeel, en baie daarvan geeet!

In die suide van Malawi is groot tee plantasies, lyk nogals soos die Kaap. Ai, daar is so baie fotos om te wys, julle moet maar kom kuier dat ek vir julle kan wys.
Hou aan blog Yolande, jy is vol interessanthede.

Goed gaan
Ilze-Mari
xxx



My Liefde vir Luiperd

Jul mag dalk dink ek is besig om mal te raak hier in Johannesburg, maar ek is tans besig om die fyn kuns van ‘leopard print’ te bemeester. Ek le klem op fyn kuns, want die luiperd motief kan baie vinnig 'tacky' lyk.
Ek is nie net ‘n volgeling van Coffee Date nie, maar ‘n hele paar ander Blogs. Onder andere The Sartorialist, Karlas Closet, Cupcakes and Cashmere, Popyacollar, All The Pretty Birds, The Blonde Salad, Chictopia, In The Fashion Loop, Face Hunter ens. Dit is waar ek die meeste van my inspirasies kry. Hier is ‘n paar waaarvan ek nogals hou:





Elisca, ek hoop jy het dit geniet, want laas wat ek kan onthou was jy ook 'n 'fan' van 'leopard print'!

XOXO
Yola

Friday, February 4, 2011

Die eerste week van klas

En so het ek my eerste week van klas vir die nuwe jaar gehad!  Saam met hierdie gebeurtenis het die Kaap ook 'n hittegolf gehad.  Die idioom wat hulle in die Kaap gebruik is dat die kraaie behoorlik gegaap het.  Maar ek gee nie regtig om oor die kraaie nie, ek het lanklaas in my lewe so baie gesweet!  Gelukkig het dit darem gisteraand lekker gereen, so dit is alweer leefbaar.

Die eerste week was maar baie oninteressant, so ek het besluit om julle bietjie te vertel van my nuwe deeltydse werk.  Ek het so 2 weke terug weer besluit om maar vir my deeltydse waiter werkie te kry.  Dit is al wat my nie totaal en al laat verval in slegheid nie.  Ek het presies 3 klasse per dag!!!  Toe blaai ek so bietjie rond in ons plaaslike koerantjie(Die Eikestad) en sien dat Rust & Vrede waiters soek.  Yola, as jy en Tinus nou weer bietjie Kaap toe kom dan moet ons daar gaan wynproe.  Ilze, ons sal vir jou en Andre net moet vat.  Evette, ek weet regtig waar nie wanneer ek jou weer hier gaan sien nie, maar as jy kom moet ons sommer gaan middagete eet.

Die wynlandgoed word besit deur Jean Engelbrecht, goeie persoonlike vriend van Ernie Els - Evette ongelukkig is hy nou al getroud anders sou ek ietsie daar probeer het.  Hulle wyne is baie eksklusief en die buiteland sien die meeste van dit.  Die plaas is bietjie oor die 300 jaar oud, so die geboue en gevestigde eikebome is iets om te aanskou!  Maar ek werk by die restaurant.  Dit het laasjaar die Restaurant van die jaar gewen.  Vir die van julle klomp wat so elke nou en dan dalk in 'n winkel rondloop, blaai bietjie deur Eat Out 2011 en dan sal julle sien.
Ons is 'n lekker klomp meisies wat daar werk - letterlik van regoor die wereld(Kanadees en Belgiese meisies).  En verder is daar darem ook so bietjie manne wat die wyn moet skink - hulle moet goeie maniere he anders kan hulle nie daar werk nie.

Hier is sommer so paar foto'tjies wat ek van Rust & Vrede se website afgetrek het.  Gaan kyk self daar as julle wil sien  www.rustenvrede.com

Hierdie is die stoep vir drankies voor aandete.

Die stoep is aan jou linkerhand en as jy regs omloop dan kom jy by die ingang van die restaurant.

Hier is sommer hoe die restaurant lyk as die tafels nou als mooi gedek is.  Daar is 'n orgidiee op elke tafel!

Net nog 'n oorsig van die restaurant.

Ek hoop om gou weer van iemand anders te lees!

Enige naweek planne?  Vat die kamera saam!

Ciao, Elisca  xxx