Sunday, July 24, 2011

Die BELOOFDE post...

Dag Dames!

Kyk, vandag moet julle regtig die ketel gaan aansit en koekies saam met die koffie geniet!  Dit is vir twee redes - eerstens, my vakansie gaan nou aan julle onthul word en tweedens wil ek alles hoor van die dinee!  En ek bedoel nie net dat Yola moet post nie(vang die skimp, Evette en Ilze).  Hierdie post oor die dinee sal vergesel moet word met vele kleurfotos!  Ek sien uit om dit te lees...

Nou goed, kom ek begin by die begin.  My vakansie het maar baie on interessant begin - 'n week elke aand by Rust en Vrede.  Maar die lekker ding was natuurlik die aand toe ons toegemaak het vir die winter vakansie - ek het paar bottels regte-egte Franse Champagne huis toe gevat!  Ek en Carel het lekker giggelrig geraak voor die kaggel daardie aand.  Een ding moet ek wel sê - Champagne proe baie beter as dit wel Frans is...

Daarna het ek vir twee weke by prokureurs firma in die Paarl gewerk.  Het dit vreeslik geniet!  Dit was net weer 'n motivering dat ek wel die regte besluit gemaak het.  Is nou baie opgewonde om uiteindelik klaar te swot en die besigheidswêreld te betree.

In die laaste week van vakansiewerk het my ma'le ook bietjie in die Kaap kom kuier.  Het hulle maar net in die aande gesien.  So, ons het baie gaan uiteet.  Probeer nogsteeds die ekstra gewig afskud...

Die lekker het toe nou na die vakansiewerk begin!  Is vir 'n week Mosselbaai toe, na Carel se ouma se strandhuis.  Was die eerste 2 dae bietjie kouerig, maar daarna het ons die lekkerste weer gehad!  Ons het elke dag op die strand gaan stap en sommer net gerus.  Ouma het ook so na die einde van die week kom kuier, en het netso lekker met haar gekuier!  Sy het regtig 'n hart van goud.


Terwyl ons daar was het ons eendag na die Oesterfees gery.  Dit is in Knysna.  Eet nie regtig oesters nie, maar het gedink dit kan dalk interessant wees.  Was nou glad nie so great nie!  Oppad terug huis toe het ons by die mooiste ou Engelse kerkie gestop in Belvidere.  Die woonbuurt kyk uit op die Knysna meer - vreeslik  mooi!





Ons het besluit om die laaste week sommer net rustig by die huis te wees.  Ek het so paar DIY dingetjies om en in die huis gedoen - dit vat vrek baie tyd! So, alles is nog nie klaar nie, maar dit is darem al aan die gang!  Die laaste naweek van die vakansie was die Bastille fees aan die gang in Franschhoek.  Dit is nou definitief iets om by te woon!  Franse kase en die hele dorp is rooi, wit en blou!  Die weer het ook mooi saamgespeel.  Ongelukkig het Carel gedraai en het ons eers 1 uur die middag daar aangekom.  Ons het sommer net so bietjie rondgeloop en voor ons huis toe is 'n plekkie in die restaurant gekry.  Het lekker kaas bord bestel met vars brood en lekker koue vleise, natuurlik afgesluk met goeie bottel wyn!




Ek hoop gou 'n update van die dinee te kry!

Baie liefde,

xxx

No comments:

Post a Comment