Tuesday, May 10, 2011

Sondagaan...

So begin ek en Carel die sondag luilekker - slaap tot amper middagete.  Toe ons uiteindelik begin regmaak vir die dag, lui my foon.  Die persoon wat toe bel is Neil - my baas by Rust en Vrede.  Eerste gedagte wat toe in my kop pop is 'Wat de hel het ek verkeerd gedoen???'.  So antwoord ek die foon met 'n baie klein stemmetjie en hartjie wat baie wild klop.  Dit was toe glad nie slegte nuus nie, maar eerder 'n baie groot verrassing.  Roxette het vrydagaand in die restaurant geëet en toe vir al die personeel kaartjies gestuur!  Ek en Carel moet 7h by Grand West Casino aanmeld vir ons gratis kaartjies!  Ek en Carel spring toe soos klomp mal hase op en af van opgewondenheid!  ONS GAAN ROXETTE KYK!

Hier het ons vir Marisa en haar outjie, Dirkie.  In die middel is Minette, die pastry chef by Rust en Vrede, en dan daar op die einde is ekke.

So dink ons dit is seker maar daardie kaartjies waar jy in elk geval niks gaan kan sien nie.  Groot was die opwinding en nog groter was die verbasing toe ons die kaartjies sien -Golden circle!  En daardie groen disks wat ons met sulke groot smiles vashou is backstage passes om die band te ontmoet!!!


Het hierdie show vreeslik geniet!  Al die ou favourites is gesing, en van hulle het my sommer terug gevat na ons koshuisdae...


Na die show het ons na so klein kamertjie gegaan en vir Roxette gewag.  Ek het nie geweet sy is al 50 jaar oud nie!  Sy het ook onlangs 'n breinoperasie gehad en kon nie te wild dans nie.  Was defnitief 'n aand om te onthou!


Hier is ons in die kamertjie, drink bier en eet kaas terwyl ons wag.  Van links af is Vikki, ek in die middel en Tamsin aan die regterkant.
So saam met die lekker naweek planne moet ek ongelukkig ook nou bietjie slegte nuus oordra.  Ons sal ongelukkig nie meer die dinee kan maak nie.  Ons het bietjie na ons kalender gaan kyk en besef dat daar menigte troues, oupa se 70ste verjaarsdag in Bloemfontein, Carel se fietsryresies en dan dalk nog 'n trippie JHB toe vir sy beurs is wat ons geld gaan kos - so die punt is, ons kan dit letterlik nie bekostig om op te vlieg nie, want daar is heeltemal te veel ander goed wat plaasvind.  Ons is so jammer dat ons dit gaan mis!  Julle moet maar dans en te veel rooiwyn en tequila drink vir ons part ook!

Evette, jy skuld my nou 'n kuier in die Kaap.  Ilze was so rukkie terug hier, Yola sien ek in Junie maar jou kuierdatum is vir my nog onbekend.  Laat weet my asseblief!

Sterkte met die week!

xxx

No comments:

Post a Comment