Wednesday, May 18, 2011

La La St Lucia

Soos julle weet was ek en Tinus so paar weke terug (25 April – 2 Mei) in Zululand. Ons het langs die St Lucia meer by ‘n lodge gebly (Nibela Lake Lodge). Die lodge is so +/-65 km van St Lucia af en so +/- 45 km van Sodwona af (basies in die middel van die twee dorpies).
Ons eenheid het die beste uitsig van die meer gehad. Die hele lodge is op hout stellasies gebou, dus loop jy letterlik tussen die bome.


Die weer was baie lekker (enige weer is beter as dit wat ons tans in Johannesburg beleef), Baie sonskyn en die humiditeit was nie eers so erg soos wat ons verwag het dit gaan wees nie.
So mooi en lekker soos wat dit was, het ek net weer eens besef ek is nie ‘n plaasmeisie nie. Van Boomslange, ape en spinnekoppe het ek genoeg gehad. Skoon gevoel of ek in Jumanji was.
Ons was die Woensdag deur Sowdana toe om bietjie in die warm see te swem. Dit was my tweede keer wat ek in ‘n warm see swen. Die eerste keer was donkie jare terug by Ballito.
Die Donderdag was ons saam met ‘n ‘local’ op ‘n ‘day trip’ van St Lucia. Dit was ‘n baie interessante dag. Dit het vroeg begin (kwart oor 4) en eers laat die aand geeindig. Ons toerbus bestuurder kon slegs Zulu praat en het bietjie aangeklam gelyk. Ons het hom toe maar die ‘benefit of the doubt’gegee aangesien dit half 6 die oggend was (ek moet byvoeg dat hy ons amper 45 min laat opgetel het by ons lodge). In die bussie en op die grondpad het ons besef hoekom hy so laat was, 30km/uur op ‘n grondpad van 23km!
Ons was eerste by Hluhluwe Imfolozi National Park op ‘n 3ure wildrit. Was baie trots op myself, want ek het ‘n hele paar diere gesien wat ons gids nie raakgesien het nie.

Daarna was ons op ‘n boottrip vir 2ure en ‘n magdom krokodille en seekoeie gesien. Wat vir my meer amusant was was ‘n Britse toergroep wat saam met ons op die boot was. Die een is bleeker as die ander een en elkeen het sy eie verkyker, kamera en video kamera gehad. Het lekker gelag elke keer as die gids ‘n seekoeie of krokodil uitwys en hulle nie weet of hul na die kamera of verkyker moet gryp nie.

Toe is ons na ‘n Zulu ‘village’ toe en so bietjie van hul tradisies besigtig.
Laaste was ons na ‘n luiperd en wildekat plaas toe.
Die res van die week het ons net by die lodge rongehang en ‘cocktails’gedrink.
Het so lekker uitgerus dat ek lus was om terug te kom stad toe. Die gevoel het nie lank gehou nie, net totdat ons die eerste ongeluk op die N1 gekry het en botstil moes staan (na’n alreedse 9ure op die pad).

Elisca: Ons land die 16de Junie in die Kaap en vertrek weer die 19de. Sal nader aan die tyd ietsie reel. Sien baie uit!

Evette en Ilze-Mari: Ek sal eers volgende week my dinee kaartjies betaal en bespreuk. Dit gaan so bietjie hectic hier by ons op die oomblik. Sien ook baie uit na die dinee!

XOXO
Yola

P.S. - Hoop julle het almal gestem vandag : )

No comments:

Post a Comment