Wednesday, May 25, 2011

SKANDELIK!

Evette Venter, wanneer hoor ons weer iets van jou???

Ilze-Mari Swan, het jy saam met Evette van die aardbol af verdwyn???

Dit sal baie nice wees as julle twee dalk moontlik weer bietjie van julself kan laat hoor.  Sover is ek en Yola besig om die blog te flood en julle twee sit net niks op nie - SIES, SKAAM JULLE!

Wednesday, May 18, 2011

La La St Lucia

Soos julle weet was ek en Tinus so paar weke terug (25 April – 2 Mei) in Zululand. Ons het langs die St Lucia meer by ‘n lodge gebly (Nibela Lake Lodge). Die lodge is so +/-65 km van St Lucia af en so +/- 45 km van Sodwona af (basies in die middel van die twee dorpies).
Ons eenheid het die beste uitsig van die meer gehad. Die hele lodge is op hout stellasies gebou, dus loop jy letterlik tussen die bome.


Die weer was baie lekker (enige weer is beter as dit wat ons tans in Johannesburg beleef), Baie sonskyn en die humiditeit was nie eers so erg soos wat ons verwag het dit gaan wees nie.
So mooi en lekker soos wat dit was, het ek net weer eens besef ek is nie ‘n plaasmeisie nie. Van Boomslange, ape en spinnekoppe het ek genoeg gehad. Skoon gevoel of ek in Jumanji was.
Ons was die Woensdag deur Sowdana toe om bietjie in die warm see te swem. Dit was my tweede keer wat ek in ‘n warm see swen. Die eerste keer was donkie jare terug by Ballito.
Die Donderdag was ons saam met ‘n ‘local’ op ‘n ‘day trip’ van St Lucia. Dit was ‘n baie interessante dag. Dit het vroeg begin (kwart oor 4) en eers laat die aand geeindig. Ons toerbus bestuurder kon slegs Zulu praat en het bietjie aangeklam gelyk. Ons het hom toe maar die ‘benefit of the doubt’gegee aangesien dit half 6 die oggend was (ek moet byvoeg dat hy ons amper 45 min laat opgetel het by ons lodge). In die bussie en op die grondpad het ons besef hoekom hy so laat was, 30km/uur op ‘n grondpad van 23km!
Ons was eerste by Hluhluwe Imfolozi National Park op ‘n 3ure wildrit. Was baie trots op myself, want ek het ‘n hele paar diere gesien wat ons gids nie raakgesien het nie.

Daarna was ons op ‘n boottrip vir 2ure en ‘n magdom krokodille en seekoeie gesien. Wat vir my meer amusant was was ‘n Britse toergroep wat saam met ons op die boot was. Die een is bleeker as die ander een en elkeen het sy eie verkyker, kamera en video kamera gehad. Het lekker gelag elke keer as die gids ‘n seekoeie of krokodil uitwys en hulle nie weet of hul na die kamera of verkyker moet gryp nie.

Toe is ons na ‘n Zulu ‘village’ toe en so bietjie van hul tradisies besigtig.
Laaste was ons na ‘n luiperd en wildekat plaas toe.
Die res van die week het ons net by die lodge rongehang en ‘cocktails’gedrink.
Het so lekker uitgerus dat ek lus was om terug te kom stad toe. Die gevoel het nie lank gehou nie, net totdat ons die eerste ongeluk op die N1 gekry het en botstil moes staan (na’n alreedse 9ure op die pad).

Elisca: Ons land die 16de Junie in die Kaap en vertrek weer die 19de. Sal nader aan die tyd ietsie reel. Sien baie uit!

Evette en Ilze-Mari: Ek sal eers volgende week my dinee kaartjies betaal en bespreuk. Dit gaan so bietjie hectic hier by ons op die oomblik. Sien ook baie uit na die dinee!

XOXO
Yola

P.S. - Hoop julle het almal gestem vandag : )

Tuesday, May 10, 2011

Sondagaan...

So begin ek en Carel die sondag luilekker - slaap tot amper middagete.  Toe ons uiteindelik begin regmaak vir die dag, lui my foon.  Die persoon wat toe bel is Neil - my baas by Rust en Vrede.  Eerste gedagte wat toe in my kop pop is 'Wat de hel het ek verkeerd gedoen???'.  So antwoord ek die foon met 'n baie klein stemmetjie en hartjie wat baie wild klop.  Dit was toe glad nie slegte nuus nie, maar eerder 'n baie groot verrassing.  Roxette het vrydagaand in die restaurant geëet en toe vir al die personeel kaartjies gestuur!  Ek en Carel moet 7h by Grand West Casino aanmeld vir ons gratis kaartjies!  Ek en Carel spring toe soos klomp mal hase op en af van opgewondenheid!  ONS GAAN ROXETTE KYK!

Hier het ons vir Marisa en haar outjie, Dirkie.  In die middel is Minette, die pastry chef by Rust en Vrede, en dan daar op die einde is ekke.

So dink ons dit is seker maar daardie kaartjies waar jy in elk geval niks gaan kan sien nie.  Groot was die opwinding en nog groter was die verbasing toe ons die kaartjies sien -Golden circle!  En daardie groen disks wat ons met sulke groot smiles vashou is backstage passes om die band te ontmoet!!!


Het hierdie show vreeslik geniet!  Al die ou favourites is gesing, en van hulle het my sommer terug gevat na ons koshuisdae...


Na die show het ons na so klein kamertjie gegaan en vir Roxette gewag.  Ek het nie geweet sy is al 50 jaar oud nie!  Sy het ook onlangs 'n breinoperasie gehad en kon nie te wild dans nie.  Was defnitief 'n aand om te onthou!


Hier is ons in die kamertjie, drink bier en eet kaas terwyl ons wag.  Van links af is Vikki, ek in die middel en Tamsin aan die regterkant.
So saam met die lekker naweek planne moet ek ongelukkig ook nou bietjie slegte nuus oordra.  Ons sal ongelukkig nie meer die dinee kan maak nie.  Ons het bietjie na ons kalender gaan kyk en besef dat daar menigte troues, oupa se 70ste verjaarsdag in Bloemfontein, Carel se fietsryresies en dan dalk nog 'n trippie JHB toe vir sy beurs is wat ons geld gaan kos - so die punt is, ons kan dit letterlik nie bekostig om op te vlieg nie, want daar is heeltemal te veel ander goed wat plaasvind.  Ons is so jammer dat ons dit gaan mis!  Julle moet maar dans en te veel rooiwyn en tequila drink vir ons part ook!

Evette, jy skuld my nou 'n kuier in die Kaap.  Ilze was so rukkie terug hier, Yola sien ek in Junie maar jou kuierdatum is vir my nog onbekend.  Laat weet my asseblief!

Sterkte met die week!

xxx

Friday, May 6, 2011

Feesdinee!!!

Hallo Almal!

Ek moet nou eerlik wees en sê dat ek baie verbaas was om te sien dat daar alweer 'n feesdinee is - raak ons so oud???  Ons was by ons eerste feesdinee in ons eerste jaar, onthou  julle nog?  Vir die wat al bietjie vergeet het, hier is so ou foto'tjie van die goeie ou dae...




Soos ek vir julle in die sms gesê het, die vliegtuigkaartjies vir daardie naweek is nog lekker spotgoedkoop!  Dis hoekom dit so dringend is dat ek moet weet of ons wel gaan, laat ek so gou as moontlik kan bespreek voor iemand weer besluit die petrol moet duurder word...

Die dinee is die eerste naweek na die universiteit weer begin het, so ons het gedink ons vlieg sommer die donderdagaand al op Jozi toe - daar is mos nie regtig veel werk wat in die eerste week van klas gedoen word nie...  Dan woon ons die dinee die vrydagaand by(what to wear???), kuier nog daar in die omgewing rond die saterdag, sondag en maandagaand klim ons weer op die vliegtuig terug kaap toe - behoorlike besige naweek wat voorlê!

Ek sien baie uit daarna om van julle te hoor, en sien nog meer uit om julle te sien!

Geniet die naweek!

O ja, as julle iets opwindend doen, vang dit vas op kamera en blog dit!

ciao  xxx