Monday, March 14, 2011

Yola Laan

Goeie middag dames

Ek wil graag aan julle bekendstel: Yola Laan!

Dit is die straat wat Tinus na my vernoem het in een van hulle laekoste ontwikkelings: Fleurhof.
Daar is 9 500 huise in die ontwikkeling en daar gaan ongeveer 50 000 mense daar bly. Blykbaar is dit die eerste ontwikkeling van sy soort in Suid Afrika en die vlagskip projek van Johannesburg. Ek is baie trots om te se dat manlief die ontwerper van die dorp is en hy is ook die beplanner wat verantwoordelik is vir die projek.

Elisca: Hoop jy het my epos gekry met 'n paar voorstelle vir lamp skerms.

Evette: Sien uit na 1/2 Price Cocktails Vrydag by Billy's! Whoop whoop!

Ilze-Mari: Ons sal nog praat oor Irene se mark : )

Lekker dag verder!

XOXO
Yola

Monday, March 7, 2011

My Stokperdjie

Ons gesinnetjie, was Donderdag na die Hobby Expo by die Coca Cola Dome. Ek sien al ‘n geruime tyd uit na hierdie uitstappie (vir een GROOT rede).


Ek was self nog nooit tevore by die Dome nie, maar dit het indrukwekkend van buite afgelyk. Vir die wat nie gereeld in Johannesburg kom nie, is dit ‘n baie goeie landmerk om te bepaal waar jy is (of vir my altans). Jy kan die Dome van omtrent orals sien.
Van binne het die Dome my nie teleurgestel nie. Dit is baie groot!

Daar was ‘n verskeidenheid stalletjies, maar die meerderheid was maar kralewerk en ‘scrapbooking’.  Die miniatuur uitslatting was vir my nogals oulik:

Nou hier is waarvoor ons eintlik daar was: Bernina!!!!

Dink nie ek al vir julle vertel nie, maar ek het onlangs met naaldwerk begin en het al ‘n paar klasse bygewoon. My hele familie (Tinus, Ma, Pa en Bianca) het bygedra tot die aankoop van my baba – Die Bernette 66! Ek is skoon liries oor my nuwe aankoop. Ongelukkig hou hul nie voorraad aan by die skou nie, so ek moet wag vir die verskaffer om my te kontak sodat ek my naaldwerkmasjien kan gaan haal.
Voor jul begin met bestellings, wil ek net se ek sit nie some/ nate in nie! Want dit word met die hand gedoen, maar julle is welkom om vir lesse te kom dan wys ek julle hoe.
Die rede hoekom ek naaldwerk gekies het as ‘n stokperdjie is nie omdat ek die volgende Abigail Betz ( I wish!) wil wees nie, maar omdat ek voel ek kort ‘n bietjie kreatiwiteit in my lewe (aangesien my werk soooo kreatief is).
Evette, die Hobby Expo is die ideale geleentheid om nuwe verskaffers te ontmoet/ ontdek. Die Donderdag was eintlik slegs vir handelaars en dit was skokkend hoe goedkoop als is. Die winkels beroof ‘n mens! Hier is die webblad as jy wil gaan kyk: www.hobby-x.co.za.
Elisca, nog ‘n tip wat ek het vir jul ‘Renovation Innovation’ is ‘n ‘Mood Board’. Dit is ‘n versameling van prentjies (tydskrifte, Internet, fotos ens.) van dekor idees waarvan jy en Carel hou. Myne het sommer verf monsters by. Dit is lekker om die ‘creative juices’ te laat vloei en seker te maak julle twee het dieselfde prentjie – mans verstaan mos nie altyd lekker wat ons dames bedoel nie.
En natuurlik het my manlief ook ‘n nuwe stokperdjie: Die Wii. Sien hier onder sy nuwe aankope (‘Boys and their toys, they don’t go away, they just get more expensive!’):

En laaste, nog een van my nuwe obsessies – Chaywa Cappuccino! Jul moet dit probeer, yummy!

Geniet jul week en lovies!

XOXO
Yola

Saturday, March 5, 2011

Plaasmark@Blaauwklippen

En so kom ek toe uiteindelik uit by een van die menigte plaasmarkte wat elke saterdag en sondag hier in die Stellenbosch omgewing is.  Yola, ek het hierdie foto's net vir jou geneem.  As jy en Tinus nou eendag kom kuier, dan sal ek jou bietjie soontoe vat.  Dis nie naastenby so groot soos die wat jy ons van vertel nie, maar dis op 'n wynplaas en die groot aantrekking is gewoonlik die wyn, kaas en varsgebakte brode wat jy daar kan koop en sommer daar kan eet - gewoonlik onder 'n groot ou eikeboom.


 Sommer net oulike bord buite een van die geboue.
Hier moet julle nou bietjie mooi kyk - kry nie die foto gerotate nie.  Dis van daardie distressed fotorame.  Die stalletjie se pryse was nie belaglik nie, en van die foto's daarin is baie mooi!  Maar ek weet waar die fabriekswinkel is...  Will keep you posted.  So toevallig Evette, sal jy belangstel om sulke rame in jou Stylfabriek te verkoop?  Ek kan jou verskaffer wees, hier vanuit die Kaap!  Laat weet wat jy dink...

 Plaaslik gemaakte bier!  Was so lekker warm dag, en die bier was yskoud.  Wie kon nou nee se???


Beautiful Handbag!  Het nie eers na die prys gekyk nie...

Het die perfekte plekkie vir die tas in my nuwe huis, maar dis mos nou 'antique' en over priced.

Ek sal julle ook bietjie op hoogte hou met die renovation van Cottage 9.  Het gister juis bietjie in builders warehouse gaan rondloop vir inspirasie.  Ilze, sal jy asb vir my foto's kan stuur van al die canvasses wat jy dalk het wat ek nog kan koop - en pryse ook bysit asb?  Ek het baie mure in Cottage 9 wat leeg en baie kaal gaan wees.

Ek hoop julle het die naweek geniet?  Hoe lyk julle planne vir die week?

Groete & Liefde, Elisca

Die Groot Kuier

Na groot afwagting, het my ouers gearriveer vir hulle groot kuier. Ek en Tinus het Maandag, Donderdag and Vrydag verlof ingesit om saam met hulle te kuier.
My ma het ‘n intensiewe inkopietog beplan met ‘n lys wat skrik vir  niks (sienende dat sy al vir 6 maande hierdie vakansie haarfyn beplan).
Ons tog het by “The Mall of Rosebank’ se ‘Rooftop Market’ afgeskop. Hierdie keer het ek op die kos gefokus.
Ons het sommer die oggend met ‘n lekker ontbyt daar begin. My pa het ‘n heerlike vetkoek geeet en Tinus ‘n vars gebakte croissant. Ek het natuurlik my gunsteling tuisgemaakte gemmer bier gedrink.


Bianca het ‘n nie-alkoholiese Pina Colada gehad. Dit is maar basies ‘n pynappel ‘smoothie’.
Vir middagete was daar ‘n verskeidenheid Indiese en Chinese disse.
Die lekkerste vir my was die ‘deep fried’ piesand en soetpatat happies. Dis is eintlik so eenvoudig, jul kan dit self probeer. Dit is klein  stukkies piesand en soetpapat wat in ‘n deegie gedoop is en dan in olie gebak is. Mmmm!
Natuurlik is my markdag nie afgesluit na ‘n besoek aan die ‘vintage’ stalletjies nie. Ek het ‘n pragtige goue serp gekoop, ewe ingevoer van die UK.
Soos alle goeie dinge moes die kuier ook tot ‘n einde kom. My ouers het vanoggend vroeg die pad terug Windhoek toe aangedurf. Dit was baie lekker om so ‘n huis vol mense te he.
Hou die blog dop vir posts oor die Hobby Expo en die Boeremark.
Lekker naweek verder dames.
XOXO
Yola