Sunday, July 24, 2011

Die BELOOFDE post...

Dag Dames!

Kyk, vandag moet julle regtig die ketel gaan aansit en koekies saam met die koffie geniet!  Dit is vir twee redes - eerstens, my vakansie gaan nou aan julle onthul word en tweedens wil ek alles hoor van die dinee!  En ek bedoel nie net dat Yola moet post nie(vang die skimp, Evette en Ilze).  Hierdie post oor die dinee sal vergesel moet word met vele kleurfotos!  Ek sien uit om dit te lees...

Nou goed, kom ek begin by die begin.  My vakansie het maar baie on interessant begin - 'n week elke aand by Rust en Vrede.  Maar die lekker ding was natuurlik die aand toe ons toegemaak het vir die winter vakansie - ek het paar bottels regte-egte Franse Champagne huis toe gevat!  Ek en Carel het lekker giggelrig geraak voor die kaggel daardie aand.  Een ding moet ek wel sê - Champagne proe baie beter as dit wel Frans is...

Daarna het ek vir twee weke by prokureurs firma in die Paarl gewerk.  Het dit vreeslik geniet!  Dit was net weer 'n motivering dat ek wel die regte besluit gemaak het.  Is nou baie opgewonde om uiteindelik klaar te swot en die besigheidswêreld te betree.

In die laaste week van vakansiewerk het my ma'le ook bietjie in die Kaap kom kuier.  Het hulle maar net in die aande gesien.  So, ons het baie gaan uiteet.  Probeer nogsteeds die ekstra gewig afskud...

Die lekker het toe nou na die vakansiewerk begin!  Is vir 'n week Mosselbaai toe, na Carel se ouma se strandhuis.  Was die eerste 2 dae bietjie kouerig, maar daarna het ons die lekkerste weer gehad!  Ons het elke dag op die strand gaan stap en sommer net gerus.  Ouma het ook so na die einde van die week kom kuier, en het netso lekker met haar gekuier!  Sy het regtig 'n hart van goud.


Terwyl ons daar was het ons eendag na die Oesterfees gery.  Dit is in Knysna.  Eet nie regtig oesters nie, maar het gedink dit kan dalk interessant wees.  Was nou glad nie so great nie!  Oppad terug huis toe het ons by die mooiste ou Engelse kerkie gestop in Belvidere.  Die woonbuurt kyk uit op die Knysna meer - vreeslik  mooi!





Ons het besluit om die laaste week sommer net rustig by die huis te wees.  Ek het so paar DIY dingetjies om en in die huis gedoen - dit vat vrek baie tyd! So, alles is nog nie klaar nie, maar dit is darem al aan die gang!  Die laaste naweek van die vakansie was die Bastille fees aan die gang in Franschhoek.  Dit is nou definitief iets om by te woon!  Franse kase en die hele dorp is rooi, wit en blou!  Die weer het ook mooi saamgespeel.  Ongelukkig het Carel gedraai en het ons eers 1 uur die middag daar aangekom.  Ons het sommer net so bietjie rondgeloop en voor ons huis toe is 'n plekkie in die restaurant gekry.  Het lekker kaas bord bestel met vars brood en lekker koue vleise, natuurlik afgesluk met goeie bottel wyn!




Ek hoop gou 'n update van die dinee te kry!

Baie liefde,

xxx

Tuesday, July 19, 2011

Knoop in my oor

Dag Dames!

Ek sal binnekort weer ietsie op die blog sit, maar die blonde oomblikke raak nou meer gereeld!  Ek bly vergeet om die kamera te vat!  Dit is my opregte belofte dat dit voor die einde van die week sal plaasvind.

Hoe hou julle van die nuwe agtergrond?  Het gedink ons almal is redelik pre-occupied met die dinee en die dinge wat daarmee saamgaan dat ons die agtergrond sal waardeer.

Sterkte met die week, ons gesels gou weer!

E

xxx

Wednesday, July 13, 2011

Dinee Dilemma

Goeie dag dames

Met die dinee op ons hakke loop die dilemma's hoog (soos gewoonlik met enige formele 'outing' in die winter).

Hier is my 'outfit inspirations' so ver vir die dinee:

Opsie 1: Maxi met leer baadjie


Ek het 'n pragtige grys rok (met komplimente van 'n 'fashionable' vriendin), maar nie 'n leer baadjie nie. Het 'n baie mooi een by Truworths teen 'n baie mooi (Sarcasm font) prys gesien.

Opsie 2: Pienk en pers


Die 'colour blocking trend' is 'huge' oorsee op die oomblik en ek kan nie wag om daarmee te eksperimenteer nie. Ek het 'n pienk lang romp, maar kort 'n pers toppie om daarmee saam te gaan. Glo my, dit is nie maklik om somers klere in die winter te kry nie. 

Soos vroeer die week met Evette bespreuk is die dilemma nie wat om aan te trek nie, maar wat om aan te trek en nie te vries nie.

Die dinee dwing (met 'n bree glimlag) my nou om Saterdag Sandton toe te gaan om die noodsaaklike itempies aan te skaf.

Behalwe vir die dinee dilemma gaan dit goed in die Erasmus huishouding, vries net van die koue in Johannesburg. Ook lekker besig by die werk. Ek se lekker , want dan gaan die dae vinnig verby.

Evette: Wie vergesel jou nou na die dinee toe? :)
Ilze: Jy toe ietsie iewers kon leen vir die dinee?
Elisca: Moenie vir Carel luister nie en trek jou jean baadjie aan, ons is net een keer jonk.

Lekker daggie dames en mis julle baie.

XOXO
Yola