Monday, June 6, 2011

Parys

So 'n tydjie terug was ek en Bianca Parys toe vir die dag. Ons het niks beplan nie, net in die kar geklim en gery. Was lekker om iets meer onbeplan te doen, soos jul goed weet is dit glad nie in my natuur nie.

Parys is bekend vir al die oudhede en antiques, en ek kan wil jul se dat dit met goeie rede is. Ons het vir ure van winkel na winkel gestap. Of van huis na huis, aangesien al die winkels in ou huise in die hoofstraat is.


Die weer het gelukkig saam gespeel, dus kon ons middagete lekker in die buitelig geniet. Ons het op 'n kunsgalery met 'n klein restaurantjie afgekom wat die heerlikste ciche bedien.


Eers aan die einde van ons uitstappie het ons al die lekker restaurante en winkels ontdek. (Het regs in die hoofstraat ingedraai in plaas van links. Dis seker waar 'n bietjie beplanning handig te pas sou wees.)

Dis nou waar ons die lekkerste lekkergoed-, kaaskoekwinkel en vetkoek paleis ontdek het. Sal volgende keer daar gaan vir middagete.

Net 'n wenk vir die wat Parys in die toekoms wil besoek, die winkels maak so rondom 2uur op 'n Saterdag toe. Uit my ondervinding sal ek aanbeveel om vroeg vir ontbyt te gaan, bietjie inkopies te doen en dan te koek-en-tee voor jul die pad terug aandurf. So kry jy die beste uit Parys.

Lekker week vir jul dames en mis ons regte egte koffie kuiers.

XOXO
Yola

No comments:

Post a Comment