Monday, January 31, 2011

Markdag elke Sondag!

Na die vakansie is ek die nuutste aanhanger van straat- en vlooimarkte. My obsessie het begin by Sedgefield se mark, tussen George en Knysna.
Terug in Johannesburg het my soektog na ‘n plaaslike mark begin. Dit was ook nie lank nie (verbasend) en ek het gekry waarvoor ek soek: Market on Main -  marketonmain.co.za


Dit is ‘n mark wat elke Sondag plaasvind tussen 10:00 en 15:00. Dit is wel in die middestad van Johannesburg gelee, maar daar is sekuriteit om jou kar op te pas.
Daar is ‘n mengelmoes van plaaslike produsente, van kuns en kaas tot koekies en klere.



Ek was hoofsaaklik daar vir die ‘vintage’klere. Ek het met hierdie pragtige baadjie weggeloop. Maar slegs R150.00! Ek is mal verlief op die karretjie!


Ons het nie geeet nie, maar sal volgende keer beslis honger daar opdaag. Daar is die heerlikste kolwyntjies van ‘The Cupcake Factory’. Bietjie uit my prysklas (R20.00 elk!), maar sal verseker vorentoe enetjie probeer.

Buiten die klere en kos, was die dekor my gunsteling. Die sement vloere en witgeverfde baksteen mure is ‘beautiful’! Daar was tafels van ou deure en stoele van lee kratte.



Natuurlik was daar baie ‘weird’kuns om na te kyk. Hier is ‘n voorbeeld:

Let op na die dekor op die tafel en die prente teen die muur dan sal jul sien wat ek bedoel.
Sal jul op hoogte hou van my markdag ekspidiesies. Die plaasmark is verseker volgende op my lys! Sien jou daar Ilze J
Tata
Yola

Tuesday, January 25, 2011

Wanneer laas was julle by die Kasteel?

Ek weet nie van julle nie, maar ek was laas by die Kasteel toe ek nog baie klein was.  So met hierdie besef, besluit ek en Carel, saam met paar vriende, dat ons weer ons kinderdae wil herleef en die Kasteel besoek.
Dit is baie impresssive!  Dat die mense in daardie tyd sulke goed kon regkry sonder die gerief van vandag.  In die woonhuis van die Van Riebeecks staan daar 'n tafel wat 120 mense kan sit!  Ongelukkig was kameras nie toegelaat hier nie, so julle sal maar moet kom kuier dat ek vir julle kan gaan wys.
Hier is vir julle so paar foto's.


Hierdie is die ingang van die amptelike woning - Dis nou waar Jan van Riebeeck en Maria van Riebeeck gebly het.



Dit is Carel se famous pose - maak toe jou oe as jy wil fotos neem!  Hier is ons op die amptelike kasteel toer en oppad na die donker gat toe.  Dis nou waar hulle die klomp bandiete gemartel het - baie donker!


Hierdie is ons buurman - Louw. Hy gedra hom meeste van die tyd.


Hierdie is nou die hele groepie wat die dag meegemaak het.  Van links af:  Pierre van Zyl(hy was in Mopanie saam met Carel en sy ouers bly nou net so klipgooi van ons af hier in Stellenbosch),  Dan is dit nou ek en ou Caroolsie,  die knaap langs Caroolsie is 'n Amerikaanse uitruilstudent(sy naam is Troy) wat Carel iewers langs die pad opgetel het,  hy is nogal heel gemanierd, dan is dit Louw wat julle nou al ontmoet het en langs hom is Louise-Marie, Louw se meisie.




Die begin van GROOT dinge!!!

Goeiedag Vriendinne!



Sondag toe gesels ek en Yolande so oor in kontak bly die jaar.  Dit het toe nou tot so bietjie inspirasie gelei.  Hierdie inspirasie het nou liggaamlike vorm aangeneem met hierdie blog.  Dit is spesiaal geskep vir ons viertjies.  Dit is nou ons coffee dates soos wat ons dit gewoonlik in Evette se kamer gehou het.  So die hele idee met hierdie blog is dat jy rustig met 'n koffie'tjie moet sit en bietjie kyk wat aangaan in die ander se lewens.  Daar is egter ook reels wat gevolg moet word:
1.  Almal word vriendelik versoek/verplig om minstens een maal per week te kyk wat aangaan, maar ook om hul eie post op te sit.  Foto's word ook versoek.

Is julle nie bly dat daar net een ding is wat verpligtend is nie?
Nou het niemand meer verskonings nie!  Al bly ons almal so werelde uitmekaar uit, kan ons nogsteeds in kontak bly met die wonderlike uitvinding van die internet.  Die rede hoekom ek die blog gekies het is omdat ek nie permanent al ons foto's op facebook wil laai nie - het so bietjie oor facebook gekom.  Verder gee dit ons so ietsie om te doen in die tye wat die verveeldheid dreig om ons op te eet!

Hiermee verklaar ek 'Project Coffee Date' oop!

Geniet dit!

xxx