Monday, June 6, 2011

Parys

So 'n tydjie terug was ek en Bianca Parys toe vir die dag. Ons het niks beplan nie, net in die kar geklim en gery. Was lekker om iets meer onbeplan te doen, soos jul goed weet is dit glad nie in my natuur nie.

Parys is bekend vir al die oudhede en antiques, en ek kan wil jul se dat dit met goeie rede is. Ons het vir ure van winkel na winkel gestap. Of van huis na huis, aangesien al die winkels in ou huise in die hoofstraat is.


Die weer het gelukkig saam gespeel, dus kon ons middagete lekker in die buitelig geniet. Ons het op 'n kunsgalery met 'n klein restaurantjie afgekom wat die heerlikste ciche bedien.


Eers aan die einde van ons uitstappie het ons al die lekker restaurante en winkels ontdek. (Het regs in die hoofstraat ingedraai in plaas van links. Dis seker waar 'n bietjie beplanning handig te pas sou wees.)

Dis nou waar ons die lekkerste lekkergoed-, kaaskoekwinkel en vetkoek paleis ontdek het. Sal volgende keer daar gaan vir middagete.

Net 'n wenk vir die wat Parys in die toekoms wil besoek, die winkels maak so rondom 2uur op 'n Saterdag toe. Uit my ondervinding sal ek aanbeveel om vroeg vir ontbyt te gaan, bietjie inkopies te doen en dan te koek-en-tee voor jul die pad terug aandurf. So kry jy die beste uit Parys.

Lekker week vir jul dames en mis ons regte egte koffie kuiers.

XOXO
Yola

Wednesday, June 1, 2011

Verskoning...

Ek vra groot omverskoning... Sien julle, ek sien dit eers 'n week nadat jy my uitgetrap het. Jammer ek is so onaktief met die tegnologie en geen rede sal goed genoeg wees nie, maar ek is regtig verskriklik ongelooflik hartbrekend jammer.  Dis nie dat ek van julle vergeet het nie, ek dink amper elke dag aan julle en ek MIS JULLE BAIE!!!

My verskoning aanvaar?

Met ons gaan dit goed. Kry ook koud hierdie kant van die berg. Andre is besig om vir hom 'n assistent te soek, maar dit is baie moeiliker as wat ons gedink het. Hy verkies 'n vrou tussen 25 en 40. Of haar CV lyk nie goed nie of hy hou nie van haar persoonlikheid nie. So hierdie week moet die kantoor by die huis getrek word na die erf waar die trokke is.
My babatjie het Maandag teen die trap haar lip oopgeval, darem nie nodig vir steke nie. Haar ma het groter geskrik van al die gehuil en bloed. Sy begin te oulik woordjies praat, nie juis die maklikste woorde nie: lepel, zebra, zip, seep...
Ek is besig om 'n landskap vir ons sitkamer te skilder, waarvoor Andre al lank vra. Sal foto stuur as dit klaar is.

Ai, kon julle almal nie maar nader gebly het nie... Onthou julle verlede jaar ons kaas en wyn aand? Mmmm. Wanneer kom jy bietjie hierdie kant toe Evette, vir 'n girls night?
Nou moet elkeen van ons maar op ons eie die winter trotseer met 'n koffie in die hand. Ek het nou die aand 'Sex and the City' gekyk, toe laat dit my dink aan ons vier. Nie die dinge wat hulle aanvang nie, maar net die vriendskap.

Sal gou weer van my laat hoor.
Lekker dag vir julle
xxx ilze-mari