Sunday, April 10, 2011

Herfs in Stellenbosch

Hallo almal!

Ek moet net weer baie beskeie om verskoning vra vir die lang stilte.  Na die vakansie het die toetsreeks my getref soos 'n groot geel Metro trein, maar die einde is darem in sig en dan sal ek baie meer aktief wees.

Ek het maar gedink om vir julle, net so vinnig, te wys hoe mooi Stellenbosch is in die herfs.  Geniet elke oomblik!  Moet sê, het amper dood gegaan van die hitte die somer, so sien baie uit na die winter!

Vir die wat nie my email ontvang het nie, ek het 'n nuwe posadres - posbus 3192, matieland, 7602.  Blykbaar kan mens enigiets in die pos gooi, soos bv sjokolades.  As julle dit moontlik dalk wil toets, ek is 'n baie gewillige guinea pig!

Verder het ek nie groot nuus nie, skoonouers kuier bietjie by ons.  Hulle gaan vanaand Niel Diamond kyk in Groenpunt stadion, en dan is hulle weer oppad huis toe dinsdag.  Ek en Carel lag lekker in ons mou - ons het besluit om hierdie desember net vakansie te hou.  Hy begin mos nou werk in januarie en het nog nooit die see oor 'n desember beleef nie.  So ons gaan eers bietjie saam met sy ouma Mosselbaai toe en dan bietjie later saam met my ouers Langebaan toe.  Dit is mos oestyd oor desember en gewoonlik word almal mos aan die werk gesteek in die stoor.  Met die dat ons die vakansie ding gaan doen, gaan ons nie werk die desember nie.  En elke keer wat Carel se ouers ons sien, skimp-skimp hulle so dat ons moet kom werk('wat gaan julle hierdie desember vakansie maak?') - ons het hierdie vraag seker al 12keer geantwoord!

Ilze, ek is baie opgewonde oor julle kuier!  Sodra julle in die Kaap is kan ons bietjie gesels en 'n kuiertjie reël.  My ma'le kuier ook hier daardie week, maar klink vir my sy wil die kaap se winkels leeg koop!  Ons het geen planne om enige plek te gaan nie, ons is hier rond en sal verseker bietjie gesels nader aan die tyd!

Sterkte met julle week, ek sal bietjie later meer interessante fotos hê.

Baie liefde,
Elisca

Monday, April 4, 2011

What a beautiful noise...

Ons almal weet daar is min 'outings' so lekker soos 'n 'live concert' - en as die man op die verhoog een van die grootste album-verkopers OOIT is (net Tannie Elton John het meer), wat anders kan gese word as: WOW!


Ek het die kaartjies eintlik so 'by the way' gekry en nou nie regtig baie opgewonde gevoel daaroor nie. My ma en haar bff aan die ander kant...soos graad 8's uitgesien na hulle eerste sokkie (my ma reken vanoggend sy voel STEEDS 30jaar jonger - haha)! Pa was oorspronklik bietjie skepties oor Soweto, maar pak 'n lekker koelhouer en paar snacks en dan is enige geleentheid 'n fees! Ek dink nie Soweto het al OOIT so baie wit, afrikaanse mense bymekaar gesien nie! Meeste het hulle braaiers en kampstoele reeds van 3uur af uitgepak, Oom Neil in die agtergrond.




Ons het kaartjies gehad vir die cheap seats daar doer bo. Met die eerste liedjie het ons egter besef hier is GROOT fout met die klank: was dit nie vir die feit dat hy sy grootste hits eerste gesing het nie, sou ek niks kon herken nie.



 Eers nadat ons weer teen al 5 vlakke se ramps af is tot grondvlak en onsself onwettig ingewurm het, kon die konsert begin. 4 'sweet carolines' later, toe is ons aan die brand en dans asof ons reeds in 1970 vir die diamant ontdek het!

Uncle Neil op sy beste!






En nou wonder julle seker 'waarom geen foto's van ons?'. 'n BAIE goeie verduideliking: ek het dit ook goed gedink om voor te stel (behalwe nou Yola wat al ontmoet het):

Dames, ontmoet vir Marnus Truter:


No caption needed...enough said (-;
(En as julle nou dink 'Evette hou seker van die kort hare' - 100% MAL daaroor!)

"Sweet Caroline, who-oh-oh, good times never felt so good!"
 

En dis ons 'crazy companions' - Chandre en Hamilton!